VIR ALTYD BEGIN HIER

Marli & Lourens

26.09.2026

Ons nooi jou uit om hierdie besonderse dag saam met ons te vier.

RSVP

Ons Tel die dae af tot ons troudag

26 September 2026

000Dae
00Ure
00Minute
00Sekondes

Ons Verhaal

Die begin van ons vir altyd

Marli en Lourens

Hoe alles begin het

Ons storie het in matriek begin, al was ons al van Graad 8 af in dieselfde hoërskool. Na maande se gesels op die foon en by die skool, het Lourens vir Marli op hulle eerste date gevra om amptelik sy meisie te wees. Ná skool moes ons liefde ’n bietjie verder strek, maar afstand het ons nie gekeer nie. Lourens het seker gemaak dat hy elke naweek Potch toe ry, sodat ons steeds tyd saam kon hê en saam kon groei. Ons is so dankbaar dat ons van jonk en verlief, tot verlief en verloof kon groei. Nou sien ons uit daarna om ook saam verlief, getroud en oud te word.

Van skoolliefde tot ’n lewenslange belofte. Ons kan nie wag om die volgende hoofstuk saam te begin nie.

Venue

Cipresso

Waar ons trou

Ons trou by Cipresso Venue, in Pretoria-Oos. Ons kan nie wag om hierdie spesiale dag saam met vriende en familie daar te vier nie.

Adres: 1 First Street, Bashewa Agricultural Holdings, Pretoria-Oos

Seremonie: 15:00

Onthaal: Na afloop van foto’s

Cipresso venue

Program

Troudag tydlyn

14:30

Gaste arriveer

Vind gerus jou sitplek en geniet die atmosfeer voor die seremonie begin.

15:00

Seremonie

Die seremonie begin stiptelik om 15:00. Wees asseblief ons getuies voor God terwyl ons hierdie belofte aan mekaar maak.

16:00

Canapés & gelukwense

Geniet verversings terwyl familie- en paartjiefoto’s geneem word.

18:00

Onthaal

Aandete, toesprake, dans en feesviering.

Ons mense

Belangrike mense

Marli

Marli

Bruid

Lourens

Lourens

Bruidegom

Casey-Leigh

Casey-Leigh

Hoofstrooimeisie

Angelique

Angelique

Strooimeisie

Jandre

Jandre

Strooijonker

Dominic

Dominic

Strooijonker

Enrico

Enrico

Strooijonker

Dewan

Dewan

Strooijonker

Enrico

Anrike

Strooimeisie

Dewan

Esti

Strooimeisie

Reis & Verblyf

Verblyf naby die venue

Hier is ’n paar verblyfopsies naby Cipresso. Bevestig asseblief beskikbaarheid, pryse en afstand direk met die verblyfplek wanneer jy bespreek.

Oewerpark Accommodation

Oewerpark Accommodation

Naby Cipresso en ’n gerieflike opsie vir trougaste.

Bel: 064 804 1102
On-Nkwe Guesthouse

On-Nkwe Guesthouse

Gastehuisopsie in die Tierpoort/Pretoria-Oos area.

Bel: 072 367 1182
Ingaadi Spa

Ingaadi Spa

Rustige verblyfopsie vir gaste wat naby die venue wil bly.

Bel: 082 411 6434
Simbail Lodge and Function Venue

Simbali Lodge & Function Venue

Stonekraal bush lodge / Nyala Bush Camp.

Bel: 082 411 6434
Route 25 Farmstead

Route 25 Farmstead

Farmstead-verblyfopsie in die omgewing van Tierpoort.

Bel: 076 870 1171
Three Thymes Inn

Three Thymes Inn

Netjiese verblyfopsie vir trougaste naby Pretoria-Oos.

Bel: 082 327 8574
White Linen Guesthouse

White Linen Guesthouse

Gastehuisopsie vir familie en vriende wat naby wil oorslaap.

Bel: 082 920 5827

Geskenke

Huweliksfonds

Julle teenwoordigheid op ons spesiale dag beteken reeds vir ons die wêreld. Vir die wat graag iets ekstra wil gee, het ons ’n huweliksfonds geskep.

M & L

’n Bydrae tot ons toekoms

Indien jy tog graag iets wil gee, sal ‘n bydrae tot ons nuwe lewe saam baie waardeer word

Rekeningnaam Marli Slabbert
Bank FNB Easy Savings Account
Rekeningnommer 63178844677
Verwysing Jou naam + Trougeskenk

Indien jy verkies om kontant te gee sal daar ‘n koevertboks beskikbaar wees by die onthaal.

Ons Gastegids

Alles wat jy moet weet

Hier is ’n paar belangrike besonderhede om julle te help voorberei vir ons spesiale dag.

Kleredrag

Formeel.

Ons gaste hoef nie volgens ’n spesifieke kleurskema aan te trek nie. Hou asseblief in gedagte dat die seremonie buite op die gras plaasvind, daarom word blokhakke of hakbeskermers aanbeveel vir enige gaste wat hakke wil dra.

Mag ek iemand saambring?

Ons vra asseblief dat slegs die gaste wie se name op die uitnodiging verskyn, die troue bywoon.

Is kinders welkom?

Kinders is slegs welkom indien hulle name op die uitnodiging verskyn.

Teen wanneer moet ons RSVP?

Bevestig asseblief julle bywoning voor of op 1 Augustus 2026, sodat ons die finale reëlings kan tref.

Sal daar parkering wees?

Ja, daar sal parkering by die venue beskikbaar wees. Daar sal ook iemand by die hek wees om julle te verwelkom en met parkering te help.

Kan ons foto’s neem tydens die seremonie?

Ons vra vriendelik dat alle selfone tydens die seremonie afgeskakel word en dat geen foto’s of video’s geneem word nie.

Sal daar n kroeg wees?

Ja, daar sal ’n kontantkroeg beskikbaar wees vir gaste wat graag iets te drinke wil koop. Tafelwyn sal ook voorsien word.

Wie kan ons kontak indien ons vrae het?

Indien julle enige vrae het, is julle welkom om ons te kontak. Op die dag van die troue vra ons vriendelik dat julle asseblief vir Casey-Leigh: 082 749 7643 of Dominic: 066 266 5389 kontak indien julle enige hulp of inligting nodig het.

RSVP

Bevestig asseblief jou bywoning

Ons kan nie wag om hierdie dag saam met jou te vier nie. Voltooi asseblief die vorm hieronder om jou bywoning te bevestig.


Dankie

Jou RSVP is ontvang

Baie dankie dat jy jou bywoning bevestig het. Ons waardeer dit opreg en kan nie wag om hierdie spesiale dag saam met jou te vier nie.

Jy sal binnekort ’n bevestigings-e-pos van ons ontvang. Indien enige besonderhede verander, kontak ons asseblief direk.

M & L